Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor Negers, Swartes, en Afrikaners
Oor Negers, Swartes, en Afrikaners [boodskap #21994] |
Ma, 22 Maart 1999 00:00 |
ProPacem
Boodskappe: 320 Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek skat die meeste deelnemers hier kan 'n storie of twee vertel waar hulle op
reis was en landsgenote of selfs die buurmense op die hoek in die snaakste en
verafgeleegste plekke teegekom het. Onlangs, in Thailand, het ek binne
vier-en-twintig uur TWEE sulke geleenthede gehad - interseksies met die bekende
en die moontlike, die vrees en die droom.
Die eerste voorval het plaasgevind in Chiang Mai, in die Noorde van Thailand.
My eggenoot en ek het op hierdie, ons laaste dag in Chiang Mai, besluit om vir
oulaas na ons gunsteling padstal te gaan vir die beste Pad Thai wat hierdie
tong nog geproe - nee, gesmaak het. Terwyl ons so sit en smul en oe en aa en
lippe smak, plak 'n familie (pa en ma in hul laat dertigs, en twee seums, so
nege en sewe jaar oud) hul neer langs ons. Dit was nie nodig om hul Afrikaans
te hoor ten einde hul nasionaliteit af te lei nie - op die seuns se voorkoppe,
baie prominent, was tydelike tattoeerplakkers van die Suid-Afrikaanse vlag.
natuurlik het ek 'n gesprek aangeknoop - een wat deur die nag tot in die vroee
oggendure sou duur. Wat 'n plesier om my geradbraakte struggle-Xhosa met die
seuns te oefen (hul leer dit op skool), en innie kaaps va my jeug te wietie
(die een seun se beste vriend kom van die kaapse vlakte); wat 'n verfrissende
openbaring om van pa en ma te hoor hoe dit was vir hulle om as wit
suid-afrikaners deur apartheid te leef en wat hulle vertel was in die
voortrekkers (anders as die moee en interrogerende verwagting dat ek, as swart
persoon, altyd moet vertel of verduidelik sonder 'n resiprokerende aanvaarding
van die verlede as mede-landsgenote); wat 'm wonderlike eerlikheid in die
erkenning dat hulle tog vir PW gestem het; wat 'n hoopvolle toekoms in 'n
buigbare familie wat kaalvuis worstel met stereotipe en rassisme - maar dit
doen met 'n geworteldheid in die droom van 'n gedeelde suid-afrikaanse toekoms
vir almal.
Hierdie prometeaanse hoop het my dan ook die volgende oggend omhoog gehou op
pad na Bangkok, waar ons 'n konnekterende vlug sou kry na Ko Samui, 'n eiland
in die Golf van Thailand. Op die lughawe, terwyl ons wag vir die vlug, die
tweede ontmoeting met Suid-Afrika. Skuins oorkant ons sit 'n vrou, ook in haar
laat dertigs, met haar twee seuns (so sewe en vyftien jaar oud). Die
sewe-jarige se rooi K-TV rugsakkie was my eerste leidraad, en soos ek meer
attent luister, hoor ek jou wrintiewaar Afrikaans. So drie sitplekke van my
vrou en ek sit 'n jong African American toeris die tyd en verwyl op sy Gameboy,
'n videospeletjie. Ouers sal saamstem dat hierdie speletjies 'n sewejarige
soos 'n magneet aantrek en dis ook nie lank nie of die K-TV seuntjie stel
ondersoek in. Hy keer terug na sy moeder en hier volg 'n uittreksel van
daardie gesprek.
Seuntjie: "Mammie, daardie speletjie is beter as Jakkie s'n"
Mammie: "Dis mooi. Nou sit stil en moenie die Neger pla nie"
Seuntjie: "Is daar Negers by die huis mammie?"
Mammie: "Nee, Nico, Negers kom van Amerika. Hulle is nie soos ons swartes nie.
Hulle is slimmer geleerd en groter"
Seuntjie: "hoekom?"
Mammie: "Ag Nico, ek weet nie - ons swartes hou nie daarvan om te reis nie, en
hulle kan nie somme maak nie"
Seuntjie: "As ek groot is wil ek ook 'n gameboy he"
Terwyl my mond gapend oopval (ek skat, omdat my vrou Amerikaans is en met 'n
duidelike aksent praat, het hierdie moeder aangeneem dat ek ook amerikaans is
en haar nie kon verstaan nie), word ek bewus nie net van my woede en
teleurstelling nie, maar ook van 'n diepe hartseer dat 'n geleentheid
verbygegaan het om 'n jong seun van slawerny te vertel, van gelykheid en
menswaardigheid, van wat dit beteken om 'n wereldburger te wees. In my
geestesoog vrees ek, vyftien jaar van nou, 'n Nico wat na Frikkie opkyk.
Terwyl ek beide voorvalle oproep, herinner ek my aan iets wat Joseph Conrad by
geleentheid gese het - miskien is die lewe net dit: 'n vrees en 'n droom.
leswin
|
|
|
Re: Oor Negers, Swartes, en Afrikaners [boodskap #22032 is 'n antwoord op boodskap #21994] |
Di, 23 Maart 1999 00:00 |
Robbert Zijlstra
Boodskappe: 111 Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hallo VoorVrede!
Ik hoop dat je geen bezwaar hebt in het Nederlands aangesproken te worden.
Interessant verhaal wat je verteld over die 2 ontmoetingen met
Afrikaners/Boeren/Whatever. Maar misschien als je met die mensen die je afluisterde
:-) op Don Muang Airport gesproken had, dat ze ook wel voor een gedeelde toekomst
waren? Maar "old habits die hard" niet? En dat jongetje ("die jong seuntjie") zal
als hij opgroeit misschien opkijken tegen Frikkie en misschien ook niet. Kinderen
groeien op en vormen hun eigen mening.
Dan heb ik nog wat toeristische vraagjes.
Ik wil weer naar Thailand binnenkort:
1. Kun je me iets aanraden in Chiang Mai? (vervoer, verblijf, uitstapjes) Het
liefste niet te duur, ik blijf toch
Nederlander en zit met een krappe beurs.
2. Wat waren je ervaringen op Koh Samui. Ik wil daar namelijk ook naartoe. Wat
kun je aanraden?
ProPacem wrote:
> Ek skat die meeste deelnemers hier kan 'n storie of twee vertel waar hulle op
> reis was en landsgenote of selfs die buurmense op die hoek in die snaakste en
> verafgeleegste plekke teegekom het. Onlangs, in Thailand, het ek binne
> vier-en-twintig uur TWEE sulke geleenthede gehad - interseksies met die bekende
> en die moontlike, die vrees en die droom.
>
> Die eerste voorval het plaasgevind in Chiang Mai, in die Noorde van Thailand.
> My eggenoot en ek het op hierdie, ons laaste dag in Chiang Mai, besluit om vir
> oulaas na ons gunsteling padstal te gaan vir die beste Pad Thai wat hierdie
> tong nog geproe - nee, gesmaak het. Terwyl ons so sit en smul en oe en aa en
> lippe smak, plak 'n familie (pa en ma in hul laat dertigs, en twee seums, so
> nege en sewe jaar oud) hul neer langs ons. Dit was nie nodig om hul Afrikaans
> te hoor ten einde hul nasionaliteit af te lei nie - op die seuns se voorkoppe,
> baie prominent, was tydelike tattoeerplakkers van die Suid-Afrikaanse vlag.
> natuurlik het ek 'n gesprek aangeknoop - een wat deur die nag tot in die vroee
> oggendure sou duur.
Moesten die kinderen niet naar bed? :-)
> Wat 'n plesier om my geradbraakte struggle-Xhosa met die
> seuns te oefen (hul leer dit op skool), en innie kaaps va my jeug te wietie
> (die een seun se beste vriend kom van die kaapse vlakte); wat 'n verfrissende
> openbaring om van pa en ma te hoor hoe dit was vir hulle om as wit
> suid-afrikaners deur apartheid te leef en wat hulle vertel was in die
> voortrekkers (anders as die moee en interrogerende verwagting dat ek, as swart
> persoon, altyd moet vertel of verduidelik sonder 'n resiprokerende aanvaarding
> van die verlede as mede-landsgenote); wat 'm wonderlike eerlikheid in die
> erkenning dat hulle tog vir PW gestem het; wat 'n hoopvolle toekoms in 'n
> buigbare familie wat kaalvuis worstel met stereotipe en rassisme - maar dit
> doen met 'n geworteldheid in die droom van 'n gedeelde suid-afrikaanse toekoms
> vir almal.
>
> Hierdie prometeaanse hoop het my dan ook die volgende oggend omhoog gehou op
> pad na Bangkok, waar ons 'n konnekterende vlug sou kry na Ko Samui, 'n eiland
> in die Golf van Thailand. Op die lughawe, terwyl ons wag vir die vlug, die
> tweede ontmoeting met Suid-Afrika. Skuins oorkant ons sit 'n vrou, ook in haar
> laat dertigs, met haar twee seuns (so sewe en vyftien jaar oud). Die
> sewe-jarige se rooi K-TV rugsakkie was my eerste leidraad, en soos ek meer
> attent luister, hoor ek jou wrintiewaar Afrikaans. So drie sitplekke van my
> vrou en ek sit 'n jong African American toeris die tyd en verwyl op sy Gameboy,
> 'n videospeletjie. Ouers sal saamstem dat hierdie speletjies 'n sewejarige
> soos 'n magneet aantrek en dis ook nie lank nie of die K-TV seuntjie stel
> ondersoek in. Hy keer terug na sy moeder en hier volg 'n uittreksel van
> daardie gesprek.
> Seuntjie: "Mammie, daardie speletjie is beter as Jakkie s'n"
> Mammie: "Dis mooi. Nou sit stil en moenie die Neger pla nie"
> Seuntjie: "Is daar Negers by die huis mammie?"
> Mammie: "Nee, Nico, Negers kom van Amerika. Hulle is nie soos ons swartes nie.
> Hulle is slimmer geleerd en groter"
> Seuntjie: "hoekom?"
> Mammie: "Ag Nico, ek weet nie - ons swartes hou nie daarvan om te reis nie, en
> hulle kan nie somme maak nie"
> Seuntjie: "As ek groot is wil ek ook 'n gameboy he"
>
> Terwyl my mond gapend oopval (ek skat, omdat my vrou Amerikaans is en met 'n
> duidelike aksent praat, het hierdie moeder aangeneem dat ek ook amerikaans is
> en haar nie kon verstaan nie), word ek bewus nie net van my woede en
> teleurstelling nie, maar ook van 'n diepe hartseer dat 'n geleentheid
> verbygegaan het om 'n jong seun van slawerny te vertel, van gelykheid en
> menswaardigheid, van wat dit beteken om 'n wereldburger te wees. In my
> geestesoog vrees ek, vyftien jaar van nou, 'n Nico wat na Frikkie opkyk.
> Terwyl ek beide voorvalle oproep, herinner ek my aan iets wat Joseph Conrad by
> geleentheid gese het - miskien is die lewe net dit: 'n vrees en 'n droom.
>
> leswin
Erg dichterlijk hoor, Leswin.
Met vriendelijke groet,
Robbert
|
|
|
Re: Oor Negers, Swartes, en Afrikaners [boodskap #22033 is 'n antwoord op boodskap #21994] |
Di, 23 Maart 1999 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leswin kom maak weer gou-gou sy broek los in die nuusgroep:
...
> Seuntjie: "Mammie, daardie speletjie is beter as Jakkie s'n"
> Mammie: "Dis mooi. Nou sit stil en moenie die Neger pla nie"
> Seuntjie: "Is daar Negers by die huis mammie?"
> Mammie: "Nee, Nico, Negers kom van Amerika. Hulle is nie soos ons swartes nie.
> Hulle is slimmer geleerd en groter"
> Seuntjie: "hoekom?"
> Mammie: "Ag Nico, ek weet nie - ons swartes hou nie daarvan om te reis nie, en
> hulle kan nie somme maak nie"
>
> Terwyl my mond gapend oopval (ek skat, omdat my vrou Amerikaans is en met 'n
> duidelike aksent praat, het hierdie moeder aangeneem dat ek ook amerikaans is
> en haar nie kon verstaan nie), word ek bewus nie net van my woede en
> teleurstelling nie, maar ook van 'n diepe hartseer dat 'n geleentheid
> verbygegaan het om 'n jong seun van slawerny te vertel, van gelykheid en
> menswaardigheid, van wat dit beteken om 'n wereldburger te wees.
Net maar 'n klein vignette van sterotipering.
Nie 'n fraksie so boosaardig of kwetsend soos die beweerde aanhaling van PW
Botha wat oorle "Sizwe" hier geplaas het nie. En daarmee gedemonstreer het
dat hy werklik glo dat Afrikaners 'n gehoor is wat luister na sulke rubbish.
Hoekom het Leswin nie by daardie geleentheid ook met woede, teleurstelling,
en "diepe hartseer" gereageer nie? Die geleentheid aangegryp om
stereotipering (Gloudina se gunstelikspeletjie - dié kant van die streep,
daai kant van die streep) teen te werk, en 'n lansie te breek vir gelykgheid
en menswaardigheid?
Miskien is Leswin maar net so bevooroordeeld as dié na wie hy die vinger
wys.
|
|
|
Re: Oor Negers, Swartes, en Afrikaners [boodskap #22064 is 'n antwoord op boodskap #21994] |
Wo, 24 Maart 1999 00:00 |
ProPacem
Boodskappe: 320 Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
>
> Dan heb ik nog wat toeristische vraagjes.
>
> Ik wil weer naar Thailand binnenkort:
>
> 1. Kun je me iets aanraden in Chiang Mai? (vervoer, verblijf,
> uitstapjes) Het
> liefste niet te duur, ik blijf toch
> Nederlander en zit met een krappe beurs.
> 2. Wat waren je ervaringen op Koh Samui. Ik wil daar namelijk ook naartoe.
> Wat
> kun je aanraden?
Tensy iemand anders ook hierin belangstel, Robbert, antwoord ek jou direk na
jou e-pos adres binne die volgende dag of twee.
leswin
|
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Sa Nov 23 11:23:16 MGT 2024
|