Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » zef
zef [boodskap #152956] Sa., 19 September 2026 09:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26566
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
zef
Afbreking: zef


Byvoeglike naamwoord: zef
Attributief: zef
Partitief: zefs
Intensief: superzef

Betekenis:
• (informeel) Kastig deftig en anders, maar eintlik net goedkoop en ordinêr.

Gebruik:
• In die rolprent is Jakes die zef ou wat 'n ma vir sy laaitie soek.

Sinoniem:
• ongesofistikeerd
• onverfynd
• plat
• kommin (informeel)
• ordinêr
• vlak

Afgelei:
• zefidentiteit
• zefkultuur
• Zefrikaans

Vertaling:
Engels: zef, common
Nederlands: ordinair, kitscherig

Nota:
• Waarskynlik afgelei van die motor Ford Zephyr, wat in die 1960's en 1970's in Suid-Afrika gewild was.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So., 20 September 2026 09:35]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: salinometer
Volgende onderwerp: seëlend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Sep. 21 10:05:48 UTC 2026