| saamsleep [boodskap #152474] |
Ma., 10 Augustus 2026 09:28 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26074 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
saamsleep
Afbreking: saam•sleep
Samestelling: saam + sleep
Werkwoord: sleep saam, saamsleep
Verlede tyd: het saamgesleep
Teenwoordige deelwoord: saamslepend, saamslepende
Verlede deelwoord: saamgesleepte
Betekenis:
• Om iets slepend saam te neem.
Gebruik:
• Die hond loop in die gang en sleep sy kombers saam.
• Maar 'n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. [Jakobus 1:14]
Sinoniem:
• saamneem
• meeneem
• meesleep
Antoniem:
• agterlaat
Vertaling:
Engels: to drag along, tow along
Nederlands: meeslepen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|