Afikaner in Londen - Slim Engelse [boodskap #21586] |
Mon, 08 March 1999 00:00 |
Dries Venter
Boodskappe: 299 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Party dae dink ek die Engelse is vreeslik slim (eintlik die meeste van die
tyd) Ander kere wonder ek of hulle nie so onnosel is dat dit net lyk of
hulle slim is nie. Of dalk is hier twee tipes...
Hulle bou nie sommer net wild en wakker nuwe paaie nie. Die eiland is maar
klein en as jy hom vol snelwe:e bou gaan daar nie meer leefruimte wees nie.
Slim. Aan die ander kant het ons nou hierdie baie baie karre wat op sulke
klein verspotte nou paadjies rondry. Dom. Nee, sê die Groenes, maak die
karre minder, maak petrol DUUR, dwing die mense om trein te ry werk toe. En
dan maak die regering so. Hulle maak sommer die petrol ongelooflik duur -
gemiddeld 65 pennies per liter, diesel nog erger, sogenaamde 'City Petrol'
nog duurder (73+ pennies). Dom, want al wat British Rail/London United
Transport toe doen is sit al die tariewe op. So nou is ons in hierdie bose
kringloop. Dom.
'n Ander slimmigheid wat die klomp aangevang het se naam is Milton-Keynes.
Die dorp is van nuuts (daar is 'n ou Milton-Keynes wat nou 'n voorstad is
van die nuwe een) af aangel^e hier in die 60-er jare (67 dink ek) en al wat
'n stadsbeplanner was het sy sê gehad in hoe so 'n moderne dorp moet lyk .
En dit is 'n pragtige dorp. Jy kan op al die hoofpaaie in die dorp 70mpu
ry, tot amper in die middel van die dorp. Daar is geen voetgangers
("roadrunners" ) wat voor jou oorhardloop nie, en fietse ry op hul eie
paadjies doer ver. Slegs tussen die huise meng die drie padgebruike. Daar
is baie bome en oop spasies, groen parklandskappe. Die middedorp is kompak
en goed uitgel^e. Alle inkopies kan jy onderdak doen - geen geskarrel in
die re:en nie en daar is baie parkeerplek. Slim. Maar die Engelse haat die
plek en meeste wil nie daar bly nie. Hulle HOU daarvan om almal
opmekaargekoek te sit in sulke klein regop boksies (onthou julle nog die
liedjie 'Little Boxes' - dit het skielik hier vir my betekenis gekry). Waar
jy ietwat versgtig in die oggend moet uitstap by jou voordeur want die
voordeur kan skielik 'n aanhangsel word van die lorrie wat in die straat
verbyry, om nie te praat van ander dele van jou anatomie nie. Al die
Afrikaners wat in Milton-Keynes kom sê hoera, hier het ons spasie, dit lyk
soos by die huis (behalwe soos gewoonlik die weer), gee my nog!
Ek en Johan my goeie p^el het 'n teorie oor die Engelse Ryk: Die Engelse
wat nou regtig gatvol vir die weer was het na die warm plekke op aarde
gegaan en hulle rooi(pienk) geverf. Die feit dat dit so groot was gee 'n
mens 'n aanduiding van hoe die lot na so 'n paar duisend jaar op die eiland
gevoel het. Die keersy is natuurlik dat die beswaardes/bedonnerdes daar in
die verre lande vinniger doodgegaan het agv malaria, PB's met skerp, gepunte
oorloginstrumente, swaarde en algemene chaos. Nou is die genepoel (soos
deur Darwin uiteengesit) meer sit-op-jou-gat-en-aanvaar-alles-as-ok gerig.
Met die gevolg dat die huidige gemiddelde Engelsman waarskynlik nie verder
as sy dorp se grense kom nie. Noord van Watford is vir die meeste
Londenaars Ultima Thule - "Here be dragons". Watford is (Olympus druk toe
jou ore!) vir die oningeligtes omtrent 20 myl van Londen se middestad af...
Dis ook hoekom hulle bankwese so agter die tyd is - hulle sit waar Jan van
Riebeeck was, dalk was hy al te modern vir hulle. As jy meer as 'n duisend
pond wil trek moet jy dit 'n paar dae voor die tyd 'bestel' . Een kaart om
alles mee te doen is (sover ek kon vasstel) anathema en by die woord
Internet ruk bankbestuurders kruise en houtpenne uit.
Haai, daar brand die pap aan. En die bybie skree. Ek moet nog die krullers
uit my hare kry vir vanaand se opera, of was dit nou 'Les Mis'?
Tjeers vir eers,
Dries
|
|
|
Re: Afikaner in Londen - Slim Engelse [boodskap #21612 is 'n antwoord op boodskap #21586] |
Tue, 09 March 1999 00:00 |
crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102 Geregistreer: May 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hulle is 'set in their ways' en wil nie verandering sommer aanvaar nie - as
jy nie jou 'council' of BT se rekening het nie, dan bestaan jy nie: Goue
Amex kaarte, paspoorte en ID's tel nie.
BTW: Ek neem aan jy het al by die 'Anchor' 'n draai gemaak. Draai links af
by die tuine op die A3 net (so 1km) voordat jy oor die M25 gaan vanaf
Guildford na die stad (dis langs die kanaal en by een van locks) Dis
gewoonlik goeie sports - wag miskien tot die lente
� - Alt+136
� - Alt+137
� - Alt+148 (die nommers op die keypad)
Dries Venter wrote in message
7c1mdc$i0q$2@news1.cableinet.co.uk...
>
> Dis ook hoekom hulle bankwese so agter die tyd is - hulle sit waar Jan van
> Riebeeck was, dalk was hy al te modern vir hulle. As jy meer as 'n duisend
> pond wil trek moet jy dit 'n paar dae voor die tyd 'bestel' . Een kaart om
> alles mee te doen is (sover ek kon vasstel) anathema en by die woord
> Internet ruk bankbestuurders kruise en houtpenne uit.
>
>> Dries
>
|
|
|
Re: Afikaner in Londen - Slim Engelse [boodskap #21613 is 'n antwoord op boodskap #21586] |
Tue, 09 March 1999 00:00 |
Shannon
Boodskappe: 220 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dries Venter wrote in message ...
knip
> Haai, daar brand die pap aan. En die bybie skree. Ek moet nog die krullers
> uit my hare kry vir vanaand se opera, of was dit nou 'Les Mis'?
>
> Tjeers vir eers,
> Dries
>
Klink vir my hier is nog iemand met 'n 'wrok' of altans iemand wat die
'wrok' in die huis dra as as ek na die laaste opmerking van Dries kyk! ;-)
Dries laat weet hoe maar 'misrabel' was die ding waarna jy gaan kyk het!
Groete van 'n sonnige SA
Shannon
|
|
|