| broeiend [boodskap #152282] |
Di., 21 Julie 2026 06:26 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25890 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
broeiend
Afbreking: broei•end
Samestelling: broei + -end
Byvoeglike naamwoord: broeiend
Attributief: broeiende
Betekenis:
• Wat besig is om te broei (in broeityd).
• Wat warm, drukkend en benoud is.
Gebruik:
• Die tyd van die jaar is die volstruise broeiend.
• Sy snak na haar asem toe sy in die broeiende klaskamer instap.
Sinoniem:
• broeis
• bedompig
• benoud
• drukkend
• soel
Afgelei:
• broeiendheid
• uitbroeiend
Vertaling:
Engels: brooding, hatching; sweltering
Nederlands: broeiend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van die werkwoord broei.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di., 21 Julie 2026 06:27] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|