| paradeer [boodskap #152075] |
Wo., 01 Julie 2026 09:56 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25677 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
paradeer
Afbreking: pa•ra•deer
Samestelling: parade + -eer
Werkwoord: paradeer
Verlede tyd: het geparadeer
Teenwoordige deelwoord: paraderend, paraderende
Verlede deelwoord: geparadeerde
Betekenis:
• Om parade te staan en in gelid te marsjeer.
• Om te spog; iets pronkerig of opvallend vertoon.
Gebruik:
• Die soldate paradeer op die paradegrond.
• Sy het in haar nuwe rokkie geparadeer.
Sinoniem:
• marsjeer
• poseer
• pronk
• pryk
• tentoonstel
• vertoon
Vertaling:
Engels: to parade, march; to display, show off
Nederlands: paraderen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|