Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » traagheid
traagheid [boodskap #151935] Vr., 19 Junie 2026 17:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25559
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
traagheid
Afbreking: traag•heid
Samestelling: traag + -heid


Selfstandige naamwoord: traagheid
Meervoud: traaghede

Betekenis:
• Die toestand of mate van traag (stadig) wees.
• (fisika) Die neiging van 'n voorwerp om sy toestand van rus of beweging te behou.

Gebruik:
• Die agterstand is grotendeels te danke aan die werkers se traagheid.
• Volgens Newton se eerste wet, die wet van traagheid, sal 'n voorwerp in sy toestand van rus of eenvormige beweging bly, tensy 'n netto krag daarop inwerk.

Sinoniem:
• lomerigheid
• luiheid
• onnoselheid
• slaperigheid
• sloerdery
• stadigheid
• inersie

Afgelei:
• traagheidsmassa
• traagheidsmoment
• traagheidsvermoë
• traagheidswerking
• traagheidswet

Vertaling:
Engels: slowness, sluggishness; inertia
Nederlands: traagheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verryking
Volgende onderwerp: steunweefsel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Jun. 21 00:49:04 UTC 2026