Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bewing
bewing [boodskap #151778] Sa., 06 Junie 2026 10:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25386
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bewing
Afbreking: be•wing
Samestelling: beef + -ing


Selfstandige naamwoord: bewing
Meervoud: bewinge, bewings
Verkleinwoord: bewinkie
Meervoud van verkleining: bewinkies

Betekenis:
• Die handeling van bewe (om te ruk, te tril of te vibreer).

Gebruik:
• Julle moet die Here met ontsag dien, Hom met vrees en bewing toejuig. [Psalms 2:11]

Sinoniem:
• bewerasie
• bibbering
• rateling
• rukking
• siddering
• skudding
• trilling

Hiponiem:
• aardbewing
• nabewing
• kontakbewing
• seebewing

Vertaling:
Engels: tremor, shaking, quake, quiver
Nederlands: beving

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: fiskaallaksman
Volgende onderwerp: metaalboog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Jun. 06 11:44:07 UTC 2026