| fiskaallaksman [boodskap #151777] |
Sa., 06 Junie 2026 10:14 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25385 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
fiskaallaksman
Afbreking: fis•kaal•laks•man
Samestelling: fiskaal + laksman
Selfstandige naamwoord: fiskaallaksman
Meervoud: fiskaallaksmanne
Verkleinwoord: fiskaallaksmannetjie
Meervoud van verkleining: fiskaallaksmannetjies
Betekenis:
• Voëltjie met 'n swart rug, wit pens en 'n wit V-vormige merk op die rug, Lanius collaris.
Gebruik:
• Die fiskaallaksman is bekend vir sy gewoonte om sy prooi aan dorings of drade op te hang.
Sinoniem:
• biltongmaker
• janfiskaal
• katlagter
• spensvoël
• tweedood
Vertaling:
Engels: fiscal-shrike, butcher‐bird
Nederlands: zuidelijke gekraagde klauwier
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|