Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » plasma
plasma [boodskap #151764] Vr., 05 Junie 2026 07:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25368
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
plasma
Afbreking: plas•ma


Selfstandige naamwoord: plasma
Meervoud: plasmas

Betekenis:
• 'n Geïoniseerde gas.
• Die kleurlose, vloeibare deel van bloed.
• Die vloeibare inhoud van 'n sel.

Gebruik:
• Al die sterre bestaan uit plasma. Neonbuise bevat 'n gloeiende plasma wanneer dit aangeskakel word.
• Die plasma is 'n gelerige, effens alkaliese vloeistof wat ongeveer die helfte van die bloed se massa uitmaak.
• Die selorganelle dryf in die sel se plasma rond.

Hiponiem:
• bloedplasma
• ektoplasma
• endoplasma
• kataplasma
• kernplasma
• kiemplasma
• protoplasma
• selplasma

Afgelei:
• plasma‐agtig
• plasmabank
• plasmaties
• plasmaskerm
• plasmawolk

Vertaling:
Engels: plasma
Nederlands: plasma

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: epifities
Volgende onderwerp: Afkortings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Jun. 05 09:03:06 UTC 2026