Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » South African Dinner
South African Dinner [boodskap #21318] |
Sun, 21 February 1999 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina snork:
> | Julle is kultureel
> | verbaster met die mense wat voor julle voor-
> | sate daar gebly het.
Die politiek korrekte woord, Gloudina, vir “kulturele verbastering” is
“akulturasie” (Sien Luthuli 1984).
OK, Johan, laat ek nou weer voor begin in
basiese Afrikaans. Ons wat in die westelike
dele van SA grootgeword het, dink "pap" word
met ontbyt ge-eet. Ons lag agter ons vuis
vir julle wat "pap" by julle braaivleis
eet. Veral as julle die pap gebruik om die
sousies mee op te skep. Ons neem aan dis
lekker en dat julle daarmee grootgeword het.
Maar ons kan duidelik sien dat julle die
gewoonte by ander rassegroepe geleen het.
Nou is dit snaaks vir ons dat julle, wat so
knaend pap eet, so 'n groot persentasie van
mense verteenwoordig wat teen daardie ander
rassegroepe gewerk het, en hulle wou toesluit
in klein tuislandjies.
Die meeste van hulle groter as Wallis, Skotland, Ierland, Denemarke, België
of Switserland, en sommige groter as Nederland.
Dan praat ons nog nie van Luxemburg, Andorra, Monaco, Lichtenstein en so aan
nie.
(Miskien wil die Vlaminge ons vertel: Voel mens “toegesluit” in België?)
Nou kry ons die komiese
toestand: die een (swart) sit en maak pap aan
die eenkant van die tuisland se grens, en die
ander een (wit) sit en eet pap aan die ander
kant van die grens. So dis maar goed dat die
tuisland-storie ook nou na sy marog is.
Wat ons eintlik hier het, is iemand “uit die Westelike dele van die land”
wat baie opinies het oor die kulture in “die Oostelike dele van die land”,
maar wie se ervaring daarvan gekom het deur die filter van volwasse
vooroordele. En, soos jy self sê, is die “westelike” kultuur waaruit sy kom,
weinig be-invloed deur eeue se kontak met die Afrikakultuur.
‘n Nietigheid, maar juis daarom veelseggend: Ten spyte van die feit dat sy
in Natal vir Zulukinders skoolgehou het, weet sy nie wat marog is nie. (Dis
veldspinasie – ‘n bepaalde soort “onkruid” met ‘n hartvormige blaar, baie
gesog as ‘n bykos en ‘n belangrike bron van mikronutriënte. Dit word baie
soos spinasie voorberei en bedien. Die Grieke op die platteland doen iets
soortgelyk, maar hulle meng verskillende soorte wilde groengoed, sommige
sout, sommige suur, sommige soet en sommige bitter, om ‘n verskeidenheid
smaakeffekte te kry. ‘n Belangrike bitter bestandeel is sydistel –
“Dandelion”, die Europese een wat hier vervuil soos kakiebos sedert die
“health food industry” dit ingevoer het en Margaret Robberts dit gewild
gemaak het.)
Gloudina “lag agter haar hand” vir die Afrikaners uit die Oostelike dele van
die land wat dermate blootstelling aan Afrikagebruike gehad het om sommige
daarvan in hul kullinêre trasie op te neem. Dis nou mense waarvan ‘n
aanmerklike persentasie ‘n Afrikataal vlot praat, ‘n veel groter persentasie
hulle in ‘n Afrikataal kan help, en wat Afrikatale ingevoer het as vak,
dikwels as verpligte vak, in amper elkeen van hul skole, van laerskool af.
Sy kraai daaroor dat hierdie mense hulle swartmense “wou toesluit in klein
tuislandjies”
Nou is hier twee anachronismes in die situasie:
a) Attie van Nierkerk, “pinko-tokkelok” en seun van ‘n sendeling wat later
self sendeling geword het (wat sy doktoraal gedoen het oor die struggletema
in die swart poësie) kom tot die gevolgtrekking dat dit juis die “regses”
is, die wat Gloudina hier as die “Oostelikes” aandui, wat intiem genoeg met
Afrika kennis gemaak het om te besef dat die kultuurkoolf te wyd is om te
oorbrug. Hy verklaar dat die “liberales”, die wat Gloudina hier as die
“Westelikes” aandui, daarenteen, die kultuurverskille ignoreer, en as
onbelangrik afmaak. Dat hulle daardeur juis die identiteit van die
Afrikamens misken.
b) Interessant genoeg, kom die meerderheid van die “apartheid”-leiers juis
uit die “Weste” – Malan, Verwoerd, Vorster, Botha – almal Kapenaars. Die
enigste twee wat uit die “Ooste” kom, was Strydom en FW de Klerk. (Selfs
Andries Treurnicht was ‘n boorling van Piketberg, en soos Malan, Verwoerd,
Vorster en Botha, alumnus van Stellenbosch!)
“Die gelag van die dwaas (agter die hand of andersinds) is soos die gekraak
van doring onder ‘n pot”, sê die Prediker.
Terloops, wat is marog. Nog nooit daarvan gehoor
nie.
Sien bo.
Die beste storie oor biltong in die VSA insmokkel,
Enige bilton wat ouer as tien dae is, is soos ‘n biefstuk wat
grysgrougaargekook is.
Terug by pap:
Ek is self nie versot op mieliepap nie. Ek verkies brood, en buitendien sê
my vrou se internis dat mielies nie akkordeer met die spysverteringstelsels
van kaukasiers of Afrikamense nie. Kaukasiese spysverteringstelsels, sê die
internis, is ge-optimeer om koring te verteer, en die van Afrikasmense vir
sorgumgrane. Mielies (behalwe groenmielies) maak hierdie mense glo lomerig
en lui!
Maar so nou en dan hou ek nogal van party soorte mieliepap, veral met sheba.
(Dis Koo, dink ek, wat nou sheba in blikke verkoop – jy kry dit ooral in die
supermarkte).
‘n Kollega van my (‘n Sotho) se vrou was jare lank
huishoudkunde-onderwyseres in Soshanguve. Sy kon die verval van disspline in
die skool nie meer verdra nie, en het verlede jaar pakket geneem. Toe koop
sy ‘n griekse take-away in Sunnyside. (Soos enige Griek wat kan, het hy die
plek vol tafels gemaak vir sy pelle om dominoes te speel – heel deftig en
gesellig, eintlik, veral vir ‘n take-away.)
Eers het sy die plek uitsgeskrop en die personeel geleer om skoon te werk.
Toe brei sy die spyskaart uit om pap-en-vleis in te sluit. Toe leer sy hulle
om Sekoekoenilandse pap te maak – sag, maar ferm en deurgaar (nie met die
droë halfgaar krummels van phutu nie). Daarby is ‘n keuse van
vleis-van-die-dag of afval-van-die-dag. Sy bedien gratis daarmee saam ‘n
groente of slaai “om die mense te leer om gesond te eet” – dikwels op die
marog-manier berei.
Dit lyk asof sy besig is om ‘n groot kliëntebasis op te bou onder die swart
werkers in Sunnyside (die wat daar woon is te deftig om in die openbaar
pap-en-vleis te eet). Want vir sewe Rand kry jy ‘n volledige, voedsame, en
smaaklike maaltyd. Dis soos so baie plekke in Europa: As jy gaan eet waar
die werkers eet kry jy dikwels die egte kos van die land teen ‘n fraksie van
wat jy betaal vir rubbish in die toeristedistrikte.
Ek weet nie of sy lank daar gaan bly nie. Die besigheid is goed, maar die
werk is swaar vir iemand van haar ouderdom.
In elk geval: My gesin eet graag pap-en-vleis by Margaret se griekse
take-away.
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
Re: South African Dinner [boodskap #21319 is 'n antwoord op boodskap #21318] |
Sun, 21 February 1999 00:00 |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 21 Feb 1999 02:19:09 +0200, "Leendert van Oostrum" wrote:
Als gesnip.......knip-knip,
maar Leendert, hierdie plasing moet ek jou te kenne gee, al het ek nie
gedink die dag sou kom nie, ek stem heeltemaal met jou saam en het
geniet om te lees wat jy hier te vertelle gehad het.
Ek het in Jhb by so 'n indier se winkeltjie geeet: Nic se Chips.
Onder in Kruisstraat. Naby Ford se werkswinkels. So klein boksie van
'n winkel - kon omtrent net twintig staande kliente inpak.
Maar skoner as enige ander kombuis wat ek nog ooit gesien het - ek het
my verstom - hy was baie keer al vyfuur in die oggend daar en het sy
chips bakkers geskuif om onder die pote skoon te maak. Jy kon
letterlik van die vloer af eet.
Sy chips was onverbeterlik - en dan die bunny-chow wat ek so nou en
dan geeet het as ek onbesonne was - die indier kerrie is vir my net te
warm - al het hy my verseker dis net baie "mild"!
Lekker dae gewees - daar op die sypaadjie saam met my studente gesit
en hoop ons klasfasiliteite wil uit die middestad uittrek - dit het en
toe was ou Nic se kos nie meer naby nie....
Johan, die ewige realis / optimis.
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Mon Dec 23 23:05:19 UTC 2024
|