| kwinkeleer [boodskap #151691] |
Vr., 29 Mei 2026 20:25 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25308 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kwinkeleer
Afbreking: kwin•ke•leer
Werkwoord: kwinkeleer
Verlede tyd: het gekwinkeleer
Teenwoordige deelwoord: kwinkelerend, kwinkelerende
Verlede deelwoord: gekwinkeleerde
Betekenis:
• Om soos 'n voëltjie vrolik, helder en melodieus te sing.
Gebruik:
• Die kanaries kwinkeleer van vroegoggend af in hulle hok.
Sinoniem:
• kweel
• kwetter
• sing
• tierelier
• tjirp
• tril
Afgelei:
• kwinkeleerder
• kwinkelering
Vertaling:
Engels: to chirp, twitter, warble
Nederlands: kwinkeleren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|