Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » openbaarmaking
openbaarmaking [boodskap #151682] Vr., 29 Mei 2026 06:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25308
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
openbaarmaking
Afbreking: o•pen•baar•ma•king
Samestelling: openbaar + maak + -ing


Selfstandige naamwoord: openbaarmaking
Meervoud: openbaarmakinge, openbaarmakings

Betekenis:
• Die handeling om iets algemeen bekend te maak.

Gebruik:
• Die openbaarmaking van die spesiale ondersoekeenheid se verslag is wyd verwelkom.

Sinoniem:
• afkondiging
• bekendmaking
• manifestasie
• openbaring
• onthulling
• ontsluiting
• publisering

Antoniem:
• geheimhouding
• verswyging

Afgelei:
• openbaarmakingsplig

Vertaling:
Engels: disclosure, revelation, proclamation, publication
Nederlands: openbaarmaking

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beroepswêreld
Volgende onderwerp: winkelgroep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Mei 30 13:20:16 UTC 2026