| leeglêer [boodskap #151679] |
Do., 28 Mei 2026 07:47 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25308 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
leeglêer
Afbreking: leeg•lê•er
Samestelling: leeglê + -er
Selfstandige naamwoord: leeglêer
Meervoud: leeglêers
Verkleinwoord: leeglêertjie
Meervoud van verkleining: leeglêertjies
Betekenis:
• Iemand wat leeglê. 'n Lui persoon wat nie werk of sy pligte nakom nie.
Gebruik:
• Alle immigrante is nie dronklappe en leeglêers nie.
Sinoniem:
• deugniet
• lamsak
• lanterfanter
• leegloper
• luiaard
• luilak
• niksnuts
• parasiet
• slapgat
• stoepsitter
Vertaling:
Engels: deadbeat, loafer, idler
Nederlands: luiaard, profiteur, niksdoener
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|