| voorkomend [boodskap #151672] |
Wo., 27 Mei 2026 16:56 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25308 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
voorkomend
Afbreking: voor•ko•mend
Samestelling: voorkom + -end
Byvoeglike naamwoord: voorkomend
Attributief: voorkomende
Betekenis:
• Wat 'n ongewenste gebeurtenis voorkom of verhinder.
Gebruik:
• Die polisie tree voorkomend teen misdaad op.
• Voorkomende maatreëls is getref.
Sinoniem:
• beskermend
• profilakties
• verdedigend
• voorbehoedend
Afgelei:
• voorkomendheid
Vertaling:
Engels: preventing, preventive
Nederlands: voorkomend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van voorkóm (en nie soseer van vóórkom nie).
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|