Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wewer
wewer [boodskap #151655] Wo., 27 Mei 2026 08:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25308
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wewer
Afbreking: we•wer
Samestelling: weef + -er


Selfstandige naamwoord: wewer
Meervoud: wewers
Verkleinwoord: wewertjie
Meervoud van verkleining: wewertjies

Betekenis:
• 'n Persoon of toestel wat stowwe weef.
• Sangvoël wat 'n kunstige nes weef, familie Ploceidae.

Gebruik:
• Oholiab was 'n vakman en 'n ontwerper en 'n wewer van blou, pers en bloedrooi wolstof en van linne. [Eksodus 38:23]
• Die wewertjies bou hulle nessies aan hangende takke langs die dam.

Antoniem:
• weefster (vroulik)

Hiponiem:
• bandwever
• karsaaiwewer
• katoenwewer
• kouswewer
• lakenwewer
• linnewewer
• satynwewer
• sywewer
• tapisseriewewer
• tapytwewer
• wolwewer
• bontrugwewer
• brilwewer
• bruinwewer
• bruinkeelwewer
• buffelwewer
• dikbekwewer
• geelwewer
• goudwewer
• olyfkopwewer
• rooikopwewer

Afgelei:
• wewersboom
• wewersgilde
• wewerskam
• wewersknoop
• wewervoël
• wewery

Vertaling:
Engels: weaver
Nederlands: wever

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: moeilikers
Volgende onderwerp: groters
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Mei 30 14:51:13 UTC 2026