Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » investeer
investeer [boodskap #151646] Di., 26 Mei 2026 08:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25308
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
investeer
Afbreking: in•ves•teer


Werkwoord: investeer
Verlede tyd: het geïnvesteer
Teenwoordige deelwoord: investerend, investerende
Verlede deelwoord: geïnvesteerde

Betekenis:
• Om geld teen 'n gunstige koers te belê.
• (figuurlik) Om tyd of energie produktief aan te wend.

Gebruik:
• Hy investeer sy spaargeld in aandele.
• Sy het baie tyd in haar studies geïnvesteer.

Sinoniem:
• belê

Antoniem:
• desinvesteer

Hiponiem:
• herinvesteer

Afgelei:
• investeerder
• investering

Vertaling:
Engels: to invest
Nederlands: investeren

Nota:
• Moenie "investeer" (belê) met "infesteer" (besmet) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: infesteer
Volgende onderwerp: bergpad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Mei 30 14:52:27 UTC 2026