Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Stadig oor die klippe, Alwyn!
Stadig oor die klippe, Alwyn! [boodskap #21232] Thu, 18 February 1999 00:00
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: June 1997
Karma: 0
Senior Lid
Wag so 'n bietjie, Alwyn. Ek wil nie spekuleer of jy gelowige of ateïs (nie
atteis) is nie. Maar dit maak my dadelik kriewelrig as jy sulke kras onkunde
openbaar oor 'n Christen se geloof. Eerstens: Christene is nie "God/Jesus
aanhangers" nie. Ons glo in 'n Almagtige Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige
Gees. Een God. Ons glo in God, nie aan God nie. As Christen hang my hele bestaan
af van my geloof in God. Aanhanger is te 'n vlak begrip, byna 'n soort
belediging vir my.

En ek maak ten sterkste daarteen beswaar dat jy Christus as die Enigtse Seun van
God in dieselfde asem noem as Mohammed, as synde " 'n ander gesalfde wat mens
geword het." Mohammed het homself (sover my beperkte kennis strek) nooit as die
Christus, die Seun van God, uitgeroep nie. Wel as profeet, maar nie as Gesalfde
nie. Want dis wat Christus beteken: afgelei uit die Griekse werkwoord "khriein"
= om te salf, kry ons Khristos (Latyn: Christus) wat beteken Gesalfde.

Dan moet jy ook maar asseblief aan ons ander wat nie so ingelig soos jy is nie,
verduidelik waar jy daaran kom dat die Bybel in 'n asblik gevind is. Jou
meerdere kennis kan ons ander net help. As jy dalkies sou verwys na die Dooie
See rolle wat in 'n kleipot ontdek is, sou ek jou op 'n hele reeks denkfoute kon
wys. Maar soos gesê, ek is die eerste wat sou erken dat my kennis ver te kort
skiet. Help my dus verstaan wat jy bedoel met jou smalende opmerking.

Miskien moes jy met jou kleinlike en beledigende, selfs minagtende en arrogante
houding liewer nie by die bespreking laat insleep het nie. Jou arrogansie begin
al met die eerste woord in jou plasing. Soos Leendert, het ek al byna vergeet
hoe 'n mens jou kan vererg. So vererg dat jy vergeet dit het nie sin om die
dwaas na sy sotheid te antwoord nie.
Vorige onderwerp: ek soek 'n vrou
Volgende onderwerp: Aan Shannon - tweede probeerslag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 18:00:42 UTC 2024