| swaartepunt [boodskap #151601] |
Sa., 23 Mei 2026 08:52 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
swaartepunt
Afbreking: swaar•te•punt
Samestelling: swaar + -te + punt
Selfstandige naamwoord: swaartepunt
Meervoud: swaartepunte
Verkleinwoord: swaartepuntjie
Meervoud van verkleining: swaartepuntjies
Betekenis:
• Die punt in (of naby) 'n voorwerp waar die massa as gekonsentreer beskou word en waar dit in ewewig is.
Gebruik:
• Die swaartepunt van 'n pen lê ongeveer in die middel.
Sinoniem:
• massamiddelpunt
Vertaling:
Engels: centre of mass, center of gravity
Nederlands: zwaartepunt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|