| satisfaksie [boodskap #151599] |
Sa., 23 Mei 2026 08:28 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
satisfaksie
Afbreking: sa•tis•fak•sie
Selfstandige naamwoord: satisfaksie
Meervoud: satisfaksies
Betekenis:
• 'n Gevoel van tevredenheid of voldoening.
Gebruik:
• Hoewel dit my geen satisfaksie bring nie, is dit soms nodig om kinders te straf.
Sinoniem:
• behae
• bevrediging
• genoeë
• genoeglikheid
• plesier
• vervulling
• voldoening
• welbehae
Antoniem:
• frustrasie
• ontevredenheid
Vertaling:
Engels: satisfaction
Nederlands: satisfactie
Nota:
• Leenwoord van die Franse satisfaction, afkomstig van die Latynse satisfactiō.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|