| smoel [boodskap #151523] |
So., 17 Mei 2026 10:33 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25152 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
smoel
Afbreking: smoel
Selfstandige naamwoord: smoel
Meervoud: smoele
Verkleinwoord: smoeltjie
Meervoud van verkleining: smoeltjies
Betekenis:
• Die bek of snoet van 'n mens of dier.
• Die voorkant van die gesig.
Gebruik:
• Ag, hou jou smoel!
• Ongelukkig sal ons vir nog vier jaar na die president se smoel moet kyk.
Spreekwoord:
• Smoel op iets hê. [Baie daarvan hou.]
Sinoniem:
• aangesig
• bakkies
• bek
• gelaat
• gevreet
• mond
• snoet
Afgelei:
• slinger-om-die-smoel
• smoelneuker
Verwant:
• smul
Vertaling:
Engels: mouth, snout, piehole; face. mug
Nederlands: smoel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|