| kongenitaal [boodskap #151513] |
Sa., 16 Mei 2026 09:18 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25145 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kongenitaal
Afbreking: kon•ge•ni•taal
Byvoeglike naamwoord: kongenitaal
Attributief: kongenitale
Betekenis:
• Met betrekking tot 'n eienskap wat reeds by geboorte aanwesig is, maar nie noodwendig oorerflik is nie.
Gebruik:
• Die kind se hartsiekte is kongenitaal.
• Vanweë die risiko van kongenitale toksoplasmose by die fetus, word swanger vroue afgeraai om rou vleis te eet.
Sinoniem:
• aangebore
• ingebore
Antoniem:
• verworwe
Afgelei:
• kongenitaalheid
Vertaling:
Engels: congenital, innate, inborn
Nederlands: aangeboren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|