| kwajongstreek [boodskap #151504] |
Vr., 15 Mei 2026 14:41 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kwajongstreek
Afbreking: kwa•jong•streek
Samestelling: kwajong + streek
Selfstandige naamwoord: kwajongstreek
Meervoud: kwajongstreke
Betekenis:
• 'n Stoute of ondeunde daad, gewoonlik sonder kwaadwillige bedoeling.
Gebruik:
• Trompie was berug vir sy kwajongstreke, soos om die skool se klok te laat lui en die onderwyser se stoel met seep te smeer.
Sinoniem:
• eskapade
• kattekwaad
• ondeundheid
• poets
• stoutheid
• stoutigheid
Vertaling:
Engels: boyish prank, mischievous trick
Nederlands: kwajongensstreek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Vr., 15 Mei 2026 14:42] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|