| doodsteek [boodskap #151435] |
Vr., 08 Mei 2026 07:05 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25061 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
doodsteek
Afbreking: dood•steek
Samestelling: dood + steek
Werkwoord: doodsteek
Verlede tyd: het doodgesteek
Betekenis:
• Om dood te steek.
Gebruik:
• Trek jou swaard en steek my daarmee dood dat daardie heidene nie kom en my doodsteek en in oneer laat sterf nie. [1 Samuel 31:4]
Sinoniem:
• deurboor
• doodmaak
Vertaling:
Engels: to stab to death
Nederlands: doodsteken
Selfstandige naamwoord: doodsteek
Meervoud: doodsteke
Betekenis:
• 'n Steek wat die dood veroorsaak, dikwels figuurlik, 'n finale nekslag toedien.
Gebruik:
• Die hoë brandstofpryse is 'n doodsteek vir die boerderybedryf en die land se voedselsekuriteit.
Sinoniem:
• genadeslag
• nekslag
Vertaling:
Engels: death blow, fatal stab, finishing stroke
Nederlands: doodsteek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Vr., 08 Mei 2026 07:07] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|