| lewensbelangrik [boodskap #151415] |
Di., 05 Mei 2026 15:10 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25043 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lewensbelangrik
Afbreking: le•wens•be•lang•rik
Samestelling: lewe + -ns- + belangrik
Byvoeglike naamwoord: lewensbelangrik
Attributief: lewensbelangrike
Betekenis:
• Intensiewe vorm van belangrik: so belangrik dat jou lewe daarvan afhang.
Gebruik:
• Vroeë opsporing is lewensbelangrik vir die doeltreffende behandeling van die siekte.
Sinoniem:
• allerbelangrik
Vertaling:
Engels: vital importance, of vital interest
Nederlands: van levensbelang, levensbelangrijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di., 05 Mei 2026 15:12] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|