| invaar [boodskap #151394] |
So., 03 Mei 2026 08:16 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25020 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
invaar
Afbreking: in•vaar
Samestelling: in + vaar
Werkwoord: vaar in, invaar
Verlede tyd: het ingevaar
Teenwoordige deelwoord: invarend, invarende
Verlede deelwoord: ingevaarde
Betekenis:
• Om met 'n vaartuig na die binnekant te beweeg.
• Om doelgerig êrens heen te gaan.
• Om aan te val.
Gebruik:
• Die boot vaar die hawe in.
• Doen julle huiswerk voordat julle die strate invaar.
• Satan het in Judas ingevaar
Sinoniem:
• aanval
• binnevaar
• binneseil
• inklim
• inseil
Antoniem:
• uitvaar
Afgelei:
• invaart
Vertaling:
Engels: to sail in; to enter
Nederlands: invaren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|