| langgerek [boodskap #151327] |
So., 26 April 2026 08:23 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24960 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
langgerek
Afbreking: lang•ge•rek
Samestelling: lang + gerek
Byvoeglike naamwoord: langgerek
Attributief: langgerekte
Betekenis:
• Wat lank en smal uitgerek of verleng is.
• Wat oor 'n lang tyd strek.
Gebruik:
• In die namiddag val die skaduwees langgerek en spookagtig teen die huis se ruwe mure.
• Ná langgerekte onderhandelings is 'n ooreenkoms bereik.
Sinoniem:
• uitgerek
• verleng
Afgelei:
• langgerektheid
Vertaling:
Engels: long-drawn out, stretched out, elongated
Nederlands: langgerekt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|