| onuitgesproke [boodskap #151317] |
Vr., 24 April 2026 19:42 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24946 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onuitgesproke
Afbreking: on•uit•ge•spro•ke
Samestelling: on- + uitgesproke
Byvoeglike naamwoord: onuitgesproke
Attributief: onuitgesproke
Betekenis:
• Wat nie hardop in woorde gesê of uitgespreek word nie.
Gebruik:
• 'n Kind se grootste onuitgesproke behoefte is liefde en aanvaarding.
Sinoniem:
• ongeartikuleer
• onuitgedruk
• onverwoord
• stilswyend
• versweë
Antoniem:
• uitgesproke
Vertaling:
Engels: unspoken, unexpressed, unvoiced, unsaid
Nederlands: onuitgesproken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|