| bruinrooi [boodskap #151293] |
Wo., 22 April 2026 19:16 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24924 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bruinrooi
Afbreking: bruin•rooi
Samestelling: bruin + rooi
Byvoeglike naamwoord: bruinrooi
Attributief: bruinrooi, bruinrooie
Betekenis:
• Met 'n skakering tussen bruin en rooi (meer bruin as rooi).
Gebruik:
• 'n Vos is 'n roofdier met 'n bruinrooi pels.
Sinoniem:
• roesbruin
Vertaling:
Engels: reddish-brown
Nederlands: bruinrood
Selfstandige naamwoord: bruinrooi
Meervoud: bruinrooies
Betekenis:
• Die kleur tussen bruin en rooi.
Gebruik:
• Het julle die skoene in bruinrooi?
Vertaling:
Engels: brown-red
Nederlands: bruinrood
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo., 22 April 2026 19:21] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|