| bevolk [boodskap #151286] |
Wo., 22 April 2026 11:46 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24922 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bevolk
Afbreking: be•volk
Samestelling: be- + volk
Werkwoord: bevolk
Verlede tyd: het bevolk
Verlede deelwoord: bevolkte
Betekenis:
• Om 'n gebied te bewoon; van inwoners voorsien.
Gebruik:
• Noag se drie seuns en hulle afstammelinge het die hele aarde bevolk.
Sinoniem:
• bewoon
Antoniem:
• ontvolk
Afgelei:
• bevolking
Vertaling:
Engels: to populate, inhabit
Nederlands: bevolken
Byvoeglike naamwoord: bevolk
Attributief: bevolkte
Betekenis:
• Waar mense woon.
Gebruik:
• Windhoek is die mees bevolkte stad en grootste stedelike gebied in Namibië.
Hiponiem:
• digbevolk
• dunbevolk
• onderbevolk
• onbevolk
• oorbevolk
• ylbevolk
Afgelei:
• bevolktheid
Vertaling:
Engels: populated, populous, inhabited
Nederlands: bevolkt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|