Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vervat
vervat [boodskap #151266] So., 19 April 2026 12:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24900
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vervat
Afbreking: ver•vat
Samestelling: ver- + vat


Werkwoord: vervat
Verlede tyd: het vervat
Teenwoordige deelwoord: vervattend, vervattende
Verlede deelwoord: vervatte

Betekenis:
• Om in iets anders te wees of in iets ander op te neem.
• Om iets na 'n onderbreking voort te sit.
• Om weer of anders te vat.

Gebruik:
• Die boek vervat alles wat jy van die onderwerp moet weet.
• Die vergadering sal oor tien minute vervat word.
• Die draers het die kis vervat.

Sinoniem:
• behels
• bevat
• inhou
• insluit
• opneem
• omvat

Afgelei:
• vervatting

Vertaling:
Engels: to include, contain; to begin again, restart; to change grip
Nederlands: vervatten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hottentotsgot
Volgende onderwerp: sprinkelstelsel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Apr. 20 02:42:46 UTC 2026