| vermoei [boodskap #151263] |
So., 19 April 2026 10:00 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24900 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vermoei
Afbreking: ver•moei
Samestelling: ver- + moei
Werkwoord: vermoei
Verlede tyd: het vermoei
Teenwoordige deelwoord: vermoeiend, vermoeiende
Verlede deelwoord: vermoeide
Betekenis:
• Om moeg te word of moeg te maak.
Gebruik:
• Wat kry die mens vir die werk waarmee hy hom vermoei? [Prediker 3:9]
Sinoniem:
• afmat
• ooreis
• oorwerk
• uitmergel
• uitput
Antoniem:
• verfris
• versterk
Afgelei:
• vermoeibaar
• vermoeiing
• vermoeienis
Vertaling:
Engels: to tire, fatigue, exhaust
Nederlands: vermoeien
Byvoeglike naamwoord: vermoei, vermoeid
Attributief: vermoeide
Betekenis:
• Wat moet rus omdat hy/sy moeg is.
Gebruik:
• Die vermoeide reisiger het op die bank neergeval.
Hiponiem:
• oorvermoei
Afgelei:
• vermoeidheid
Vertaling:
Engels: tired, exhausted, fatigued, worn‐out
Nederlands: vermoeid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: So., 19 April 2026 10:01] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|