| aanroep [boodskap #151250] |
Vr., 17 April 2026 17:46 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24880 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanroep
Afbreking: aan•roep
Samestelling: aan + roep
Werkwoord: roep aan, aanroep
Verlede tyd: het aangeroep
Teenwoordige deelwoord: aanroepend, aanroepende
Verlede deelwoord: aangeroepte
Betekenis:
• Om na iemand om hulp te roep.
Gebruik:
• Want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. [Romeine 10:13]
Sinoniem:
• smeek
• bid
• pleit
• soebat
• versoek
Afgelei:
• aanroeper
• aanroeping
Vertaling:
Engels: to call upon, hail, invoke
Nederlands: aanroepen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|