Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » waterleiding
waterleiding [boodskap #151232] Wo., 15 April 2026 16:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24869
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
waterleiding
Afbreking: wa•ter•lei•ding
Samestelling: water + leiding


Selfstandige naamwoord: waterleiding
Meervoud: waterleidinge, waterleidings
Verkleinwoord: waterleidinkie
Meervoud van verkleining: waterleidinkies

Betekenis:
• Die vervoer van water, of 'n stelsel van pype, kanale, slote of vore wat water vervoer.

Gebruik:
• Pretoria se eerste waterleiding was 'n gietysterpypnetwerk vanaf die fonteine by Fonteinedal wat die stad van water voorsien het.

Sinoniem:
• leivoor
• waterloop
• watervoor

Hiponiem:
• warmwaterleiding

Vertaling:
Engels: water supply system, water conduit
Nederlands: waterleiding

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vermoeidheid
Volgende onderwerp: onvervul
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Apr. 16 12:38:13 UTC 2026