| vermoeidheid [boodskap #151231] |
Wo., 15 April 2026 14:54 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24869 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vermoeidheid
Afbreking: ver•moeid•heid
Samestelling: vermoeid + -heid
Selfstandige naamwoord: vermoeidheid
Meervoud: vermoeidhede
Betekenis:
• Die toestand van vermoeid wees; moeg en uitgeput.
Gebruik:
• God vat ons vermoeidheid en gee ons nuwe krag.
• Tydens die stiergeveg word die bul gemartel totdat hy van vermoeidheid en bloedverlies inmekaarstort.
Sinoniem:
• afgematheid
• kragteloosheid
• moegheid
• satheid
• tamheid
• uitputting
• vermoeienis
Antoniem:
• onvermoeidheid
Hiponiem:
• harsingvermoeidheid
• metaalvermoeidheid
• oogvermoeidheid
• oorvermoeidheid
• vliegvermoeidheid
Afgelei:
• vermoeidheidsgrens
• vermoeidheidstoets
• vermoeidheidweerstand
Vertaling:
Engels: weariness, tiredness, fatigue, lassitude
Nederlands: vermoeidheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|