| gebrokenheid [boodskap #151204] |
Di., 14 April 2026 07:12 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24900 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gebrokenheid
Afbreking: ge•bro•ken•heid
Samestelling: gebroke + -n- + -heid
Selfstandige naamwoord: gebrokenheid
Meervoud: gebrokenhede
Betekenis:
• Die toestand van gebreek/gebroke wees, dikwels figuurlik, 'n toestand van hartseer, pyn en smart.
Gebruik:
• Die roman beskryf die ontnugtering, gebrokenheid en eensaamheid van mense wat onder moeilike omstandighede in 'n plakkerskamp bly.
Sinoniem:
• hartseer
• lyding
• smart
Vertaling:
Engels: brokenness
Nederlands: gebrokenheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|