| dinamika [boodskap #151203] |
Ma., 13 April 2026 19:34 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24875 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dinamika
Afbreking: di•na•mi•ka
Selfstandige naamwoord: dinamika
Meervoud: –
Betekenis:
• Die wisselwerking tussen mense of dinge wat op mekaar inwerk.
• (fisika) Die leer van die kragte wat beweging veroorsaak.
• (musiek) Die variasie in die hardheid tussen note of frases.
Gebruik:
• Die dinamika van die groep het verander toe 'n nuwe leier aangestel is.
• Newton se tweede wet van beweging beskryf die fundamentele beginsels van dinamika.
• 'n MP3-lêer kan nie die enorme dinamika van 'n simfonie-orkes vasvang nie.
Sinoniem:
• wisselwerking
• bewegingsleer
• kragteleer
Antoniem:
• statika
Hiponiem:
• arodinamika
• elektrodinamika
• gesinsdinamika
• groepdinamika
• groepsdinamika
• hidrodinamika
• lugdinamika
• psigodinamika
• stelseldinamika
• termodinamika
Vertaling:
Engels: dynamics
Nederlands: dynamiek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|