| verstoot [boodskap #151194] |
Ma., 13 April 2026 13:50 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24826 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verstoot
Afbreking: ver•stoot
Samestelling: ver- + stoot
Werkwoord: verstoot
Verlede tyd: het verstoot
Teenwoordige deelwoord: verstotend, verstotende
Verlede deelwoord: verstote
Betekenis:
• Om skeiding te bring; nie langer in die omgewing duld nie.
Gebruik:
• Waarom verstoot U my, Here, waarom trek U U van my af terug? [Psalms 88:15]
Sinoniem:
• afsny
• afstoot
• uitsluit
• uitstoot
• verban
• verdring
• verdryf
• weggooi
• wegsmyt
• wegwerp
Afgelei:
• verstoteling
• verstoter
• verstoting
Vertaling:
Engels: to repudiate, reject, cast out, expel, ostracize
Nederlands: verstoten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma., 13 April 2026 14:03] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|