Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eiedunk
eiedunk [boodskap #151191] Ma., 13 April 2026 07:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24821
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eiedunk
Afbreking: ei•e•dunk
Samestelling: eie + dunk


Selfstandige naamwoord: eiedunk
Meervoud:

Betekenis:
• Die manier hoe 'n mens oor jouself en jou vermoëns dink (dikwels die hoogskatting daarvan).

Gebruik:
• Sommige alleenlopers vermy nuwe mense weens skaamte of 'n gebrek aan eiedunk.
• Die karakter se lewe word gekenmerk deur 'n verhewe eiedunk, onrealistiese verwagtinge, hooghartigheid, grootpratery en selfgerigte vriendskappe.

Sinoniem:
• egomania
• eiewaan
• eiewaarde
• hoogmoed
• selfagting
• selfoorskatting
• verwaandheid

Antoniem:
• nederigheid
• beskeidenheid

Vertaling:
Engels: self‐importance, self‐esteem, self-conceit
Nederlands: eigendunk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: opvreet
Volgende onderwerp: Afkortings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Apr. 13 09:00:05 UTC 2026