| opvreet [boodskap #151190] |
So., 12 April 2026 18:08 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24820 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opvreet
Afbreking: op•vreet
Samestelling: op + vreet
Werkwoord: vreet op, opvreet
Verlede tyd: het opgevreet
Betekenis:
• Om gulsig op te eet.
• Om totaal te verteer.
Gebruik:
• Die jakkals vreet 'n skaap op.
• Die suur het die metaal opgevreet.
Spreekwoord:
• Nie so groen wees dat 'n koei jou sal opvreet nie. [Nie so dom as wat ander dink nie.]
Sinoniem:
• opeet
• verorber
• verteer
• verslind
• verswelg
Vertaling:
Engels: to eat up, gobble up, devour
Nederlands: opvreten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|