| aggressor [boodskap #151183] |
So., 12 April 2026 09:43 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24816 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aggressor
Afbreking: ag•gres•sor
Selfstandige naamwoord: aggressor
Meervoud: aggressors
Betekenis:
• 'n Strydlustige persoon. Iemand wat eerste aanval of aggressief optree.
Gebruik:
• Die polisie het nie dadelik geweet wie die aggressor en wie die slagoffer was nie.
Sinoniem:
• aanrander
• aanvaller
• afknouer
• bullebak
• rusiemaker
• terroris
• vyand
Antoniem:
• slagoffer
Vertaling:
Engels: aggressor, attacker
Nederlands: agressor
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: So., 12 April 2026 09:45] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|