Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » naloop
naloop [boodskap #151182] So., 12 April 2026 09:33
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24815
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
naloop
Afbreking: na•loop
Samestelling: na + loop


Selfstandige naamwoord: naloop
Meervoud: nalope

Betekenis:
• Die gevolg of resultaat van iets.
• Die laaste gedeelte van iets.

Gebruik:
• In die naloop van die waterkrisis is talle gevalle van diarree aangemeld.
• Die naloop word by die volgende stooksel gevoeg omdat die alkoholvlak te laag is.

Sinoniem:
• gevolg
• nadraai
• nawerking
• resultaat
• slotsom
• uitkoms
• uitslag

Vertaling:
Engels: aftermath, consequence, outcome, postamble
Nederlands: naloop


Werkwoord: loop na, naloop
Verlede tyd: het nageloop
Teenwoordige deelwoord: nalopend, nalopende

Betekenis:
• Om agter iets of iemand aan te loop.

Gebruik:
• Hy het al die voëlneste nageloop om te kyk hoe die kuikens gegroei het.

Sinoniem:
• besoek
• saamgaan
• volg

Antoniem:
• voorloop

Hiponiem:
• agternaloop

Afgelei:
• naloper
• naloping

Vertaling:
Engels: to follow, trail, pursue
Nederlands: nalopen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sleeptong
Volgende onderwerp: aggressor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Apr. 12 11:04:06 UTC 2026