| profeties [boodskap #151168] |
Vr., 10 April 2026 17:53 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24800 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
profeties
Afbreking: pro•fe•ties
Samestelling: profeet + -ies
Byvoeglike naamwoord: profeties
Attributief: profetiese
Betekenis:
• Wat die toekoms voorspel.
• Met betrekking tot, of soos 'n profeet of profesie.
Gebruik:
• Terugskouend lyk sy woorde byna profeties.
• Die boek Daniël in die Bybel bevat vier profetiese visioene.
Sinoniem:
• heldersiende
• visionêr
• voorspellend
• vooruitwysend
• waarsêend
• waarskuwend
Vertaling:
Engels: prophetic, prophetical
Nederlands: profetisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Vr., 10 April 2026 18:12] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|