Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » natrek
natrek [boodskap #151165] Vr., 10 April 2026 12:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24796
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
natrek
Afbreking: na•trek
Samestelling: na + trek


Werkwoord: trek na, natrek
Verlede tyd: het nagetrek
Verlede deelwoord: nagetrekte

Betekenis:
• Om die buitelyne van iets oor te teken of uit te merk.
• Om iets na te speur of tot die oorsprong terug te volg.

Gebruik:
• Die kind het die prentjie uit 'n tydskrif nagetrek.
• Die viering van Kersfees op 25 Desember kan tot die jaar 330 nagetrek word.

Sinoniem:
• afteken
• aftrek
• kopieer
• nateken
• uitmerk

Afgelei:
• natrekking
• natreksel
• natreklinne
• natrekpapier
• natrektekening
• natrekwerk

Vertaling:
Engels: to trace, counter-draw; to trace back
Nederlands: natrekken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: blywendheid
Volgende onderwerp: omset
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Apr. 10 14:04:05 UTC 2026