| blywendheid [boodskap #151164] |
Vr., 10 April 2026 07:08 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24794 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
blywendheid
Afbreking: bly•wend•heid
Samestelling: blywend + -heid
Selfstandige naamwoord: blywendheid
Meervoud: blywendhede
Betekenis:
• Die toestand van blywend wees.
Gebruik:
• Die sterflike mens se hunkering na blywendheid in 'n verganklike wêreld is inderdaad belaglik.
Sinoniem:
• ewigheid
• konstantheid
• onverganklikheid
• onveranderlikheid
• permanentheid
Antoniem:
• tydelikheid
• verganklikheid
Vertaling:
Engels: permanence
Nederlands: blijvendheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|