| injaag [boodskap #151161] |
Do., 09 April 2026 19:35 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24793 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
injaag
Afbreking: in•jaag
Samestelling: in + jaag
Werkwoord: jaag in, injaag
Verlede tyd: het ingejaag
Verlede deelwoord: ingejaagde
Betekenis:
• Om na die binnekant te dryf.
• Om van agter af in te haal.
• Om iemand te dwing om iets in te neem.
Gebruik:
• Die herder jaag die skape in die kraal in.
• Die polisiemotor kon hom nie injaag nie.
• Sy ma het hom 'n teelepel kasterolie ingejaag.
Spreekwoord:
• Iemand die harnas injaag. [Iemand kwaad maak.]
Sinoniem:
• indryf
• indwing
• inhaal
• inja
• insluk
• instoot
• instorm
Antoniem:
• uitjaag
Vertaling:
Engels: to drive in; to rush in; to take in
Nederlands: injagen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|