| konsuis [boodskap #151152] |
Wo., 08 April 2026 13:04 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24782 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
konsuis
Afbreking: kon•suis
Byvoeglike naamwoord: konsuis
Attributief: konsuise
Betekenis:
• Wat beweer word, maar nie waar is nie.
Gebruik:
• Hy is konsuis te siek om skool toe te gaan.
• Die regering se konsuise droogtehulp is nêrens te vinde nie.
Wisselvorm:
• kwansuis
Sinoniem:
• kamma
• kastig
• oënskynlik
• skynbaar
• sogenaamd
• voorgewend
Vertaling:
Engels: supposed, supposedly, professedly
Nederlands: kwansuis, zogenaamd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo., 08 April 2026 13:07] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|