| kamerpot [boodskap #151149] |
Di., 07 April 2026 13:03 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24781 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kamerpot
Afbreking: ka•mer•pot
Samestelling: kamer + pot
Selfstandige naamwoord: kamerpot
Meervoud: kamerpotte
Verkleinwoord: kamerpotjie
Meervoud van verkleining: kamerpotjies
Betekenis:
• 'n Pot wat in 'n kamer as 'n toilet gebruik word.
Gebruik:
• Omdat die ou oom nie meer badkamer toe kon loop nie, het hulle vir hom 'n kamerpot langs sy bed gesit.
Sinoniem:
• bloukoos
• koos
• nagemmer
• nagpot
• pispot (plat)
Vertaling:
Engels: chamber pot
Nederlands: kamerpot
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di., 07 April 2026 13:04] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|