| uitgesproke [boodskap #151146] |
Ma., 06 April 2026 19:12 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24776 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uitgesproke
Afbreking: uit•ge•spro•ke
Samestelling: uit + gesproke
Byvoeglike naamwoord: uitgesproke
Vergrotende trap: meer uitgesproke, uitgesprokener
Oortreffende trap: mees uitgesproke, uitgesprokenste
Attributief: uitgesproke
Betekenis:
• Wat gesê/uitgespreek is.
• Reguit en sonder om enige gevoelens te verberg.
Gebruik:
• Een van lord Milner se uitgesproke doelwitte was om Suid-Afrika te verengels.
• Sy was 'n uitgesproke teenstander van die doodstraf.
Sinoniem:
• onbewimpeld
• onomwonde
• openhartig
• openlik
• praterig
• vokaal
Antoniem:
• onuitgesproke
Afgelei:
• uitgesprokenheid
Vertaling:
Engels: outspoken, pronounced
Nederlands: uitgesproken
Nota:
• Voltooide deelwoord van uitspreek.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma., 06 April 2026 19:17] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|