| katoliek [boodskap #151141] |
Ma., 06 April 2026 09:43 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24771 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
katoliek
Afbreking: ka•to•liek
Samestelling: katoliek+
Selfstandige naamwoord: katoliek
Meervoud: katolieke
Betekenis:
• 'n Lid van die Rooms-Katolieke kerk.
Gebruik:
• Hy is 'n katoliek.
Vertaling:
Engels: Catholic
Nederlands: katholiek
Byvoeglike naamwoord: katoliek
Attributief: katolieke
Betekenis:
• Betreffende die geloofsleer van die Rooms-Katolieke kerk.
• (ongewoon) Wat oor die hele wêreld versprei is; universeel.
Gebruik:
• Sy hang die katolieke geloof aan.
• Hy het 'n katolieke belangstelling in robotika en kunsmatige intelligensie.
Spreekwoord:
• Is die pous katoliek? [Dis 'n dom vraag.]
Sinoniem:
• katoliekgesind
• pousgesind
• Rooms-Katoliek
Vertaling:
Engels: Catholic; universal
Nederlands: katholiek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma., 06 April 2026 10:00] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|